Witmalgasse is pragtige voëls en onmiskenbaar met hul wit-en-swart veredos, goue koppe, nougesette silwer-roomkleurige oë en blou oogringe. Die lang, swart keelstreep is kenmerkend en die stert is oorwegend swart.
In vlug is hul spierwit lywe en die swart sterte en vliegvere maklik herkenbaar. Die jong voëls is grysbruin tot swart met wit spikkels veral op die vlerkvere en die bors is dikwels gestreep. Enkele Australiese malgasse (Morus serrator) kom sporadies langs die Kaapse kus voor.
Hierdie swerwers het ’n donkerder oog, helderder goudkleurige kop, ’n korter keelstreep en wit buitenste stertvere. Verbastering kom wel tussen die twee spesies voor.