Kirsten Fourie het in KwaZulu-Natal grootgeword en Calvinia toe getrek om ’n pos in die bewaringsveld op te neem. Sy het haar skaapboerman, Louis, ontmoet en is in die Hantam om te bly, as die droogte hulle nie uitdryf nie. Sy het twee dogters en ’n seun wat sy tuis onderrig.
Ek het ’n vriendin wat glo ek kan enigiets doen. Toe sy vra ek moet ’n skaapbewertjie vir haar ooievaarstee maak, het ek gedink ek kan ’n paar skapies hekel. Soos gewoonlik het ek tot op die laaste oomblik gewag en besef dit gaan lank duur om al die skapies te hekel.
Ek het op viltskapies op die internet afgekom. Hulle het so goed gewerk dat dit min of meer die patroon is wat ek nou nog gebruik. ’n Aanhaling deur die skrywer Anaïs Nin som dit goed op: “Elke vriend verteenwoordig ’n wêreld in ons, ’n wêreld wat nie gebore word totdat hulle aankom nie. Dit is eers dan dat ’n nuwe wêreld moontlik word.”