
¦ 250 ml dik, natuurlike jogurt
¦ 250 ml volroommelk
¦ 125 ml aarbeikonfyt
¦ 250 ml gesnipperde aarbeie
¦ 15 ml versiersuiker
Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad. Giet in ysievorms van plastiek en vries vir 2-3 uur, tot halfbevrore. Steek roomysstokkies regop in die ysies en vries verder tot kliphard.
Doop die ysievorms se onderkante vinnig in warm water om die ysies net los te maak en trek aan die stokkies uit. Pak dit op ys om te keer dat dit te vinnig smelt. Lewer 6 ysies.