
Chorizo en gerookte paprika maak van hierdie eenvoudige aartappelgereg iets besonders.
- 1 kg baba-aartappels, met skil en al gekook tot halfgaar
- 1 elk groot rooi en geel soetrissie, in repe gesny
- 1 groot ui, in dun wiggies gesny
- 60 ml olyfolie
- 1 chorizo-wors, dungesny of fyngekap
- 5 ml gerookte paprika
Voorverhit die oond tot 190 °C.
Dreineer die baba-aartappels en laat dit goed droog word.
Meng met die soetrissies en ui in ’n mengbak.
Verhit die olyfolie in ’n pan tot warm, voeg die chorizo by en braai tot geurig.
Voeg die paprika by, roer deur en verwyder van die hitte.
Skep die geurige chorizo en olie oor die groente en meng alles goed saam.
Skep in ’n oondbak en oondrooster vir 20-30 minute tot alles gaar en goudbruin is.
Lewer 6-8 porsies.