
45 ml olie
1 kg beesvleisblokkies
5 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper
Knippie suiker
3 ml borrie
5 ml paprika
5 ml fyn komyn
5 ml pimento
10 ml fyn koljander
15 ml gekapte, vars gemmer
2 groot uie, gerasper
4 knoffelhuisies, fyn gekap
4 wortels, grof gerasper
1 x 410 g blik gekapte tamaties
500 ml water of beesvleisaftreksel
12 baba-aartappels in skil (heel of gehalveer, indien redelik groot)
60 ml gekapte, vars pietersielie of vars koljanderblare
Verhit die olie in ’n swaarboompot. Meng die beesvleisblokkies, sout, peper, suiker, speserye en gemmer goed en braai dit saam in die kastrol tot die vleis bruin is. Voeg die ui en knoffel by en braai vir drie tot vyf minute. Voeg die wortels by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die tamaties en water (of aftreksel) by en verhit tot kookpunt.
Bedek en prut vir 30 minute. Voeg die aartappels by (en nog water, indien nodig). Prut vir nog 45 – 60 minute tot die vleis sag is. Rond af met die pietersielie of koljander. Sit voor op rys, koeskoes of krummelpap. Lewer ses porsies.