
- 1 kg riboogsteak, in blokkies gesny
- 30 ml olyfolie
- 2 elk uie en knoffelhuisies, gekap
- 5 ml elk komyn en paprika
- 3 ml elk fyn kaneel en gemmer
- Knippie borrie
- 5 ml gerasperde, vars gemmer
- 1 liter vleisaftreksel
- 1 blik (410 g) tamatiepuree
- Sout, vars gemaalde swartpeper en heuning na smaak
- Hand vol elk droëappelkose, droë-vye en pruimedante, gesnipper
- 30 ml elk geroosterde, gevlokte amandels en gekapte pimperneute
Braai die steakblokkies in ’n bietjie olie oor hoë hitte tot bruin. Verlaag die hitte effens en voeg die uie, knoffel, al die speserye, asook die vars gemmer by. Braai tot die uie sag is.
Voeg die vleisaftreksel, tamatiepuree, sout, peper en ’n paar duppels heuning by. Verhit tot kookpunt, bedek en prut oor lae hitte vir ongeveer 1½ uur of tot die vleis lekker sag is. Voeg die droëvrugte by en prut vir nog 10-15 minute. Sprinkel die amandels en pimperneute oor en sit voor op koeskoes.
Lewer 6 porsies.