
Dié sosaties is net so lekker as jy dit vinnig oor die kole braai.
¦ 4-5 groot hoenderborsies, in repies van 1 cm dik gesny
Marinade
¦ 30 ml olyfolie
¦ 45 ml blatjang
¦ 5 ml bruinsuiker
¦ 30 ml appelasyn
¦ 30 ml worcestersous
¦ 3 ml Tobascosous
¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Laat week 10 dun houtsosatiestokkies in kookwater. Terwyl die sosatiestokkies week, meng al die bestanddele vir die marinade saam en giet dit oor die hoenderrepies in ’n nie-metaalbak. Bedek en laat marineer vir ongeveer 30 minute.
Voorverhit die oond tot 200°C en voer ’n bakplaat met foelie uit. Haal die sosatiestokkies uit die water en druk dit droog. Ryg die gemarineerde hoenderrepies op die stokkies en pak op die uitgevoerde bakplaat.
Verf die sosaties met die orige marinade in die bak en oondrooster vir ongeveer 15 minute, tot goudbruin, klewerig en deurgaar. Sit voor met skyfies en slaai. Lewer 10 sosaties (5 porsies).