AFGRI
BEAN
08 Des
-
9403
0,00
CORN
08 Des
-
4398,6
21,60
SOYA
08 Des
-
10558,8
58,80
SUNS
08 Des
-
10459,8
39,80
WEAT
08 Des
-
6700
37,00
WMAZ
08 Des
-
4815
2,00
YMAZ
08 Des
-
4420
35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Blitsige wildspastei met oorgooikors

Vir hierdie resep het jy ongeveer 750 g klaargaar fynvleis nodig. Kyk onderaan dié bladsy vir die resep.

Vulsel

¦ 45 ml olie

¦ 250 g (1 pak) spekvleis, fyn gesnipper

¦ 2 groot uie, fyn gekap

¦ 3 knoffelhuisies, fyn gekap

¦ 250 g (1 pak) sampioene, fyn gesnipper

¦ 750 g klaargaar, fyn wildsvleis

¦ 125-250 ml vleisaftreksel

¦ 125 ml room

¦ 5 ml gekapte vars tiemie

¦ Sout en vars gemaalde swartpeper

Oorgooikors

¦ 125 melk

¦ 125 ml olie

¦ 1 eier

¦ 180 ml koekmeel

¦ 10 ml bakpoeier

¦ 2 ml sout

Voorverhit die oond tot 180°C.

Verhit die olie en braai die spek, uie en knoffel daarin tot gaar. Voeg die sampioene by, braai tot gaar en voeg die gevlokte wildsvleis by. Braai tot deurwarm. Voeg die aftreksel by. Verhit tot kookpunt en prut stadig tot die vulsel sappig en souserig, maar nie waterig is nie. Roer die room en tiemie by en geur na smaak met sout en peper. Skep in ’n pasteibak.

Vir die oorgooikors: Klits die melk, olie en eier saam. Meng die droë bestanddele in ’n bak en voeg die eiermengsel by. Roer tot glad en gooi oor die vulsel in die bak. Bak vir 30 minute tot die kors uitgerys en goudbruin is. Lewer 4 porsies.

Maak só fynvleis

Sorg altyd dat jy ’n paar kooksels fynvleis maak as jy wildsvleis het om te bewerk. Ek gebruik dit nie net vir pastei nie, maar maak wildsvleislasagne, terrien en patee daarmee.

Braai 250 g gesnipperde spekvleis en 1 kg stowewildsvleis (soos skenkels) saam in ’n bietjie olie in ’n swaarboompot bruin. Voeg 1 gekapte ui by en braai tot gaar. Voeg 10 ml sout, 3 ml vars gemaalde swartpeper en ’n kruiebondeltjie (wat bestaan uit 2 lourierblare, 3 takkies tiemie, 2 takkies roosmaryn, 1 takkie oreganum, ’n paar swart peperkorrels en ’n groot takkie pietersielie) by en voeg genoeg water by om alles goed te bedek.

Verhit tot kookpunt en kook lank en stadig tot die vleis van die bene af val. Kyk gereeld of daar water kort en voeg by soos nodig. Laat die vleis effens afkoel en haal die bene en kruiebondeltjie uit. Pluis die vleis met ’n vurk of sny dit fyner. Sit die fynvleis in ’n skoon kastrol en voeg 60 ml port of sjerrie en sowat 250 ml van die kookvloeistof uit die ander kastrol daarby.

Verhit tot kookpunt en laat dit deurkook vir sowat 20-30 minute, tot die vleis sappig en souserig is. Laat afkoel tot kamertemperatuur en gebruik of vries. Lewer sowat 6 porsies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.1%
Rand - Pond
21.01
-0.3%
Rand - Euro
18.12
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,788.19
+0.1%
Silwer
23.05
+1.4%
Palladium
1,933.50
+4.3%
Platinum
1,009.00
+0.3%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,282
+0.6%
Alle aandele
74,467
+0.6%
Hulpbronne 10
73,812
+0.8%
Industriële 25
91,705
+1.0%
Finansiële 15
15,540
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lawman
Wil vriende maak, mense ontmoet. Ek hoor ek is aantreklik, slim en interreasnt. Ek dink ek is goeie geselskap. , nooit vervelig nie. Ek is brutaal eerlik en verwag dieselfde.
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot