
Afgesien daarvan dat dit maklik en goedkoop is om te maak, vul die smake mekaar regtig goed aan. Die geurige kerriesous trek so lekker deur die worsvleis. Maak dit sommer vanaand nog!
¦ 500 g boerewors
¦ Water
¦ 30 ml olyfolie
¦ 2 uie, grof gekap
¦ 3 knoffelhuisies, fyn gekap
¦ 10 ml-15 ml kerriepoeier
¦ 5 ml brandrissievlokkies
¦ 30 ml tamatiepasta
¦ 1 blik (410 g) gekapte tamaties of tamatiepuree
¦ Tamatieblik vol water
¦ Sout, vars gemaalde swartpeper en bruinsuiker
¦ 1 blik (460 g) botterbone, gedreineer
¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Sit die boerewors in ’n pan en voeg ’n bietjie water by. Verhit tot kookpunt en prut tot die wors byna gaar is. Verwyder van die hitte, haal die wors uit en laat effens afkoel.
Verhit die olyfolie in ’n swaarboomkastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die knoffel en kerriepoeier by en braai tot geurig. Voeg die brandrissievlokkies en tamatiepasta by en braai verder vir ’n paar sekondes. Voeg die gekapte tamaties (of puree) en die water by en verhit tot kookpunt. Prut vir 5 minute en geur na smaak met sout, peper en ’n bietjie suiker (indien nodig).
Sny die wors in hapgrootte stukkies en voeg dit by die kerriesous. Prut verder tot die sous begin verdik. Voeg die botterbone by en prut vir ’n verdere 10 minute. Sit die kerrie voor op rys, koeskoes of krummelpap. Lewer 4-6 porsies.