Verhit die olie en botter in ’n diep swaarboompan. Druk die worsvleis uit die worsderms en braai die vleis in die olie tot gaar. Breek die stukkies worsvleis met ’n houtlepel op terwyl dit gebraai word. Spoel die eiervrug onder koue water af en druk goed droog. Voeg dit saam met die murgpampoentjieblokkies, soet- rissieblokkies, ui en knoffel by die worsvleis.
Braai vir ongeveer 10 minute tot gaar. Voeg die tamaties, geurmiddels na smaak en pietersielie by. Prut liggies vir nog 7 minute. Sit voor op rys of koeskoes.
Lewer 4-5 porsies