
- 30 ml elk olie en botter
- 500 g boerewors
- 1 groot eiervrug, in blokkies gesny en met sout besprinkel
- 4 murgpampoentjies, in blokkies gesny
- 1 rooi en 1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
- 1 ui, gekap
- 3 knoffelhuisies, gekap
- 1 blik (410 g) gekapte tamaties
- Halwe tamatieblik vol water
- Sout, peper en ’n knippie suiker na smaak
- Gekapte, vars pietersielie, om af te rond
Verhit die olie en botter in ’n diep swaarboompan. Druk die worsvleis uit die worsderms en braai die vleis in die olie tot gaar. Breek die stukkies worsvleis met ’n houtlepel op terwyl dit gebraai word.
Spoel die eiervrug onder koue water af en druk goed droog. Voeg die saam met die murgpampoentjieblokkies, soet- rissieblokkies, ui en knoffel by die worsvleis. Braai vir ongeveer 10 minute, tot gaar. Voeg die tamaties, geurmiddels en pietersielie na smaak by. Prut liggies vir nog 7 minute. Sit voor op rys of koeskoes.
Lewer 4-5 porsies
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.