
Jy kan die kerrie met oorskiet-gaar boerewors ook maak. Prut dan net eers die sous tot dit effens afgekook is, voeg die wors by en prut tot deurwarm.
¦ 1 ui, gekap
¦ 30 ml olie
¦ 2 groen brandrissies, gekap
¦ 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
¦ 7 ml gerasperde, vars gemmer
¦ 5 ml gemaalde koljander
¦ 5 ml komyn
¦ 10-15 ml matige kerriepoeier
¦ 2 ml borrie
¦ 2 x 410 g blikke gekapte tamaties
¦ 250 ml water
¦ 60 ml blatjang
¦ Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
¦ 500 g boerewors, in hapgrootte stukkies gesny
¦ Vars koljanderblare, grof gekap
Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die brandrissies, knoffel, gemmer, koljander, komyn, kerriepoeier en borrie by en braai vir 3-5 minute. Voeg die tamaties, water en blatjang by en verhit tot kookpunt. Prut vir 25 minute tot die sous lekker afgekook is.
Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker. Voeg die boerewors by, verhit weer tot kookpunt en prut stadig vir sowat 15 minute. Roer die gekapte koljanderblare by en sit voor op pap of gestoomde rys. Lewer 6 porsies.