
Broodpoeding
8 snye witbrood of mosbolletjiesnye, dik met botter gesmeer
4 eiers
250 ml suiker
2 ml sout
1,5 liter melk
250 ml pitlose rosyne
Wynsous
250 ml suiker
375 ml Stofberg Wines Sauvignon Blanc Semillon
375 ml water
20 ml vlapoeier
2 ml elk kaneel, fyn gemmer en sout
50 ml botter
Poeding: Smeer ’n middelslag-oondbak met botter. Sny elke gesmeerde sny brood in vier blokkies en pak in die oondbak. Klits die eiers, suiker, sout en melk saam. Strooi die rosyne oor die broodblokkies en giet die melkmengsel oor. Laat staan vir 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bedek die oondbak met foelie. Bak vir 30 minute. Verwyder die foelie en bak verder tot die poeding goudbruin en ferm is.
Wynsous: Meng ál die bestanddele saam in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt en prut stadig tot verdik en geurig. Sit voor by die broodpoeding. Lewer 6-8 porsies.