
- 4 calamaristeaks, skoongemaak en goed drooggedruk
- Sap en fyngerasperde skil van 1 groot suurlemoen
- Sout en peper na smaak
- 60 ml olyfolie
- 10 ml fyngekapte pietersielie
- 10 ml fyngekapte basiliekruid
- 45 ml botter
- 60 ml witwyn
- Ekstra suurlemoensap
Gebruik ’n skerp messie en maak vlak, kruis-en-dwars in-snydings aan albei kante van die calamaristeaks.
Meng die suurlemoensap en -skil, sout en peper, olyfolie en fyngekapte kruie saam en marineer die calamaristeaks daarin vir ongeveer 10 minute.
Hou die kruiemarinade eenkant.
Maak ’n droë pan baie warm.Lig die calamaristeaks uit die marinade en braai dit vinnig aan albei kante in die pan tot amper gaar.
Haal uit die pan en sny elke steak in ’n paar kleiner repe.
Smelt die botter in die pan en voeg die witwyn by. Laat die witwyn vinnig opkook. Voeg die kruiemarinade by.
Verhit tot kookpunt en sit die calamari-repe terug in die sous.
Kook net vinnig deur. Sit voor met aartappelslaai of skyfies en tzatziki.
Lewer 4 porsies.