
Beslag
¦ 200 g sagte botter
¦ 250 ml strooisuiker
¦ 5 Clementines, skil dun afgerasper
¦ 375 ml bruismeel
¦ 2 ml sout
¦ 3 ekstragroot eiers
Stroop
¦ 250 ml vars Clementine-sap
¦ 250 ml suiker
Voorverhit die oond tot 160°C en smeer ’n 24 cm-losboomkoekpan.
Verroom die botter, strooisuiker en fyngerasperde skil van die Clementines saam. (Hou die vrugte eenkant om later te gebruik.) Voeg die bruismeel, sout en eiers by en klits tot net gemeng. Skep die beslag in die pan, smeer gelyk en bak vir 40-50 minute, of tot deurgaar.
Terwyl die koek bak, druk die Clementines se sap uit. (As die sap minder as 250 ml is, vul dit op met water of suurlemoensap tot 250 ml.) Verhit die sap en suiker oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en prut vir 2 minute.
Prik die gaar koek met ’n sosatiestokkie en skep die stroop oor. Laat die stroop intrek en keer die koek ná 5 minute uit die pan. Lewer 1 middelslag koek (12-14 porsies).