
Vrugtemengsel
¦ 500 g vrugtekoekmengsel
¦ 250 ml suiker
¦ 250 ml water
¦ 30 ml goeie kitskoffiepoeier of 15 ml espressopoeier
¦ 100 g botter of margarien
¦ 10 ml koeksoda
Beslag
¦ 500 ml koekmeel
¦ 5 ml gemengde speserye
¦ 2 ml fyn kaneel
¦ 5 ml bakpoeier
¦ 1 eier, geklits
¦ 125 ml gesnipperde groenvyekonserf
¦ 125 ml gehalveerde glanskersies
¦ 125 ml gesnipperde dadels
¦ 60 ml brandewyn
¦ Knippie sout
Stroop
¦ 100 ml water
¦ 125 ml suiker
¦ 5 ml vanieljegeursel
¦ 100 ml brandewyn
Verhit die vrugtekoekmengsel, suiker, water, koffiepoeier en botter saam tot kookpunt en prut vir 10 minute. Laat afkoel tot louwarm en roer die koeksoda by. Voorverhit die oond tot 150°C. Voer ’n ronde koekpan van 26 cm hoog uit met ’n dubbele laag gesmeerde bakpapier.
Sif die droë bestanddele vir die beslag saam en meng goed met die gekookte vrugtemengsel en die res van die beslagbestanddele. Skep die mengsel in die pan en draai ’n bruinpapier- of kartonkraag om die pan. Bak die koek vir ongeveer 3 ½ uur tot 4 uur tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.
Verhit intussen die water en suiker vir die stroop saam tot gesmelt en verhit tot kookpunt. Prut tot ’n ligte stroop. Voeg die vanieljegeursel en brandewyn by en gooi die kokende stroop oor die koek sodra dit uit die oond kom. Laat die die koek heeltemal in die pan afkoel en keer uit wanneer koud. Draai die koek in foelie toe en sprinkel nou en dan ’n bietjie brandewyn oor. Lewer 1 groot vrugtekoek.