Heerlik en heilsaam net so, maar ook die beginpunt van suiwelprodukte, soos botter, kaas en roomys. Dit is veelsydig in die kombuis, want met melk maak jy die lekkerste kos — koesterkos, soos melktert en melkkos, delikate nageregte en gebak, maar ook vinnige maaltye.
In Spanje eet hulle ’n koek met die naam “tres leches”, wat regstreeks vertaal drie melke beteken omdat dit room, kondensmelk en ingedampte melk bevat. Ek het my eie weergawe ontwikkel, maar pleks van drie soorte melkprodukte gebruik ek drie keer vars melk.
- 250 ml volroommelk