
- 1 groot kruisskryf (genoeg vir 2 mense), teen kamertemperatuur
- 5 ml Dijonmosterd
- Olyfolie, sout en vars gemaalde swartpeper
- 250 g gesnipperde, gemengde sampioene
- 30 ml botter
- 60 ml sjerrie
- 180 ml suurroom
- Kookwater
- Vars tiemieblaartjies of gekapte pietersielie, om af te rond
Verhit ’n droë swaarboompan tot baie warm. Vryf die hele steak goed in met die mosterd. Drup genoeg olyfolie oor die steak en geur die vleis goed met sout en swartpeper. Braai die steak vir 3 minute aan elke kant. (Moenie die vleis aanhoudend oplig en omdraai nie – sit die steak in die pan, wag 3 minute en draai dan om.
Herhaal die proses aan die ander kant van die steak.) Haal die steak uit die pan en hou eenkant. Sit die sampioene in dieselfde pan waarin die steak gebraai is en voeg die botter by. Braai tot gaar. Voeg die sjerrie by en laat vinnig opkook. Laat borrel tot daar sowat 30 ml sjerrie in die pan met die sampioene agterbly.
Krap die sampioene na die kante van die pan toe en sit die steak in die middel neer. Giet die suurroom in die pan tussen die sampioene en skep die romerige sampioenmengsel oor die steak, terwyl die sous liggies prut. (Voeg ’n paar druppels kookwater by, indien die sous te dik lyk.) Geur na smaak en rond af met gekapte, vars kruie.
Sit voor met skyfies of ’n aartappelgereg van jou keuse. Lewer 2 porsies