
125 g botter
1 blik (385 g) kondensmelk
5 ml vanieljegeursel
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
Knippie sout
2 ekstragroot eiers, deeglik geklits
250 ml vars frambose
Voorverhit die oond tot 170 °C en voer ’n muffinpan met papiervormpies uit. Verhit die botter en kondensmelk saam tot die botter gesmelt is, maar moenie kook nie. Voeg die vanieljegeursel by, klits deur en laat effens afkoel. Sif die droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg die eiers by die kondensmelkmengsel, en voeg dit dan by die droë bestanddele.
Roer dit ’n paar keer voor die frambose bygevoeg word. Roer die mengsel nog ’n paar keer liggies tot net gemeng. Verdeel die beslag tussen die papiervormpies en bak vir sowat 20 minute tot gaar. Sit net so voor of versier met roomkaasversiersel (soos vir wortelkoek).
Lewer 12 kolwyntjies.