
- 1 plaatkoek
- 250 ml konfyt van jou keuse
- 6 eiers
- 125 ml room
- 60 ml melk
- 5 ml vanieljegeursel
- Botter, om in te braai
- Versiersuiker, om oor te sif
Sny die plaatkoek in die lengte deur en smeer konfyt op die een helfte. Sit die ander helfte bo-op en sny dan die laagkoek in groterige vingers.
Klits die eiers, room, melk en vanieljegeursel saam. Week die koekvingers goed in die eiermengsel.
Verhit ’n stukkie botter in ’n pan oor matige hitte en braai die geweekte koekvingers daarin tot goudbruin aan alle kante en deurgaar. Sit louwarm voor met versiersuiker oor gesif.
Lewer 30 vingers
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.