
Broccoli of aspersies is net so lekker saam met soet, klewerige sous.
¦ 8 hoenderborsies, sonder vel en been
¦ 30 ml heuning
¦ 30 ml sojasous
¦ 45 ml rooiwynasyn
¦ 30 ml gerasperde, vars gemmer
¦ 30 ml suurlemoensap
¦ 1 rooi brandrissie, ontpit en fyn gekap
¦ 15 ml olie
¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Sny die hoenderborsies in dun repies. Meng die heuning, sojasous, asyn, gemmer, suurlemoensap en brandrissie saam en giet oor die hoenderrepies. Dit kan verkoel vir minstens 1 uur. Haal uit die yskas en laat kamertemperatuur bereik.
Verhit die olie in ’n pan of wok tot baie warm. Skep die hoenderrepies met ’n gaatjieslepel of tang uit die marinade en laat goed afdrup voor jy die repies in lotte in die baie warm olie bruin braai.
Geur met sout en peper na smaak. Voeg die spinasie (of ander groente) by en roerbraai vir ’n paar sekondes. Voeg die res van die marinade by en roerbraai tot klewerig. Sit voor op gestoomde wit rys of noedels. Lewer 6 porsies.