
6-8 ferm pere, geskil, maar steeltjies behou
Suurlemoensap
500 ml witsuiker
1,5 liter water
4 rooibosteesakkies
3 kaneelstokke
8 kardemompeule, gekneus
5 peperkorrels
4 steranyssade
Dik reep suurlemoenskil
Skeut suurlemoensap
45 ml heuning
Sit die geskilde pere in ’n bak water met suurlemoensap om te keer dat dit verbruin. Verhit die suiker, water, teesakkies, speserye, suurlemoenskil en –sap in ’n diep kastrol tot kookpunt. Kook vinnig vir vyf minute. Sit die pere versigtig in die vloeistof (maak seker die pere is heeltemal bedek) en prut vir sowat 20 minute tot die pere sag is. Skep die pere uit en laat die vloeistof vinnig afkook tot ’n ligte stroop. Skep die pere in bakkies of op ’n dienbord en skep van die rooibostee-speserystroop oor. Sit warm óf koud voor met dun room. Lewer 6-8 porsies.