
Steaks
¦ 4 T-beensteaks, teen kamertemperatuur
¦ Olyfolie
¦ Seesout en vars gemaalde swartpeper
¦ Paar takkies vars roosmaryn
¦ 30 ml botter
¦ 60 ml brandewyn
¦ Skeut vars suurlemoensap
Worcestersous-sampioene
¦ 1 houer (250 g) knopiesampioene
¦ 30 ml botter
¦ 30 ml olyfolie
¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
¦ 45 ml worcestersous
¦ 45 ml balsamiese asyn
Bedruip die steaks mildelik met olyfolie. Maak ’n groot riffelpan baie warm (sonder enige olie daarin).
Geur die steaks goed met sout en peper net voordat jy dit op die vuurwarm riffelpan neersit. Braai die steaks vir twee minute aan elke kant.
Gooi ’n paar takkies roosmaryn saam met die steaks in die
pan en laat die botter ook oor die vleis smelt.
Gooi die brandewyn oor die vleis en laat dit opvlam en brand
tot die alkohol afgekook is. Geur die vleis met ’n skeut vars suurlemoensap, haal
dit uit die pan, bedek en laat rus vir vyf minute.
Maak intussen die sampioene. Braai die heel sampioene in die
botter en olyfolie tot net-net gaar. Geur met sout en peper. Voeg die
worcestersous en balsamiese asyn by en braai die sampioene daarin tot die sous afgekook
en klewerig is.
Sit die sampioene saam met die steaks voor. Sit
voor met grof gesnyde aartappelskyfies en slaai.
Lewer 4 porsies.