Voorverhit die oond tot 190 °C. Sny die bokant van elke tamatie af en skep die pitte en vleis uit, sodat daar ’n bakkie in elke tamatie vorm. Pak die uitgeholde tamaties in ’n oondbak.
Klop die geroomde maaskaas, tuna, eiers, suurlemoensap en -skil, en sout en peper goed saam. Vul die tamaties met die maaskaas-tuna-mengsel, geur weer met sout en peper en bedruip met olyfolie.
Bak vir ongeveer 25 minute tot die vulsel ferm is en die tamaties se skille begin verrimpel. Sprinkel pietersielie oor en sit voor met vars brood en slaai.