
4 groot patats, geskil en in blokkies gesny
2 uie, baie fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 kg beesmaalvleis
30 ml bruin uiesoppoeier
375 ml water
15 ml Worcestersous
60 ml tamatiesous
Warm melk en botter, vir die patatbolaag
Sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 190 °C. Kook die patats in ’n groot pot soutwater tot sag. Terwyl die patats kook, braai die uie en knoffel saam tot sag. Voeg die maalvleis by en braai bruin. Sprinkel die uiesoppoeier bo-oor en roer deur. Voeg die water, Worcestersous en tamatiesous by en verhit tot kookpunt.
Prut vir ongeveer 20 minute tot gaar en dik. Sodra die patats gaar is, druk dit fyn met warm melk en botter. Geur met sout en peper. Verdeel die vleis tussen 6 – 8 individuele bakkies en skep die patatmengsel bo-op elk. Bak vir 20-30 minute en sit voor met slaai of groente. Lewer 6-8 porsies.