
15 ml olie
45 ml botter
500 g hoenderborsies of -dye, sonder vel of been, in blokkies gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
250 g sampioene, gesnipper
45 ml koekmeel
80 ml brandewyn
500 ml hoenderaftreksel
180 ml room
Verhit die olie en botter in ’n diep pan. Geur die hoenderblokkies na smaak met sout en peper en braai in die olie-en-bottermengsel tot dit net begin verkleur.
Voeg die ui, soetrissie en sampioene by en braai verder tot die groente gaar is. Sprinkel die meel oor en braai tot dit begin borrel.
Voeg die brandewyn by en verhit tot kookpunt. Voeg die hoenderaftreksel by en verhit weer tot kookpunt.
Prut liggies, terwyl geroer word, tot die sous verdik en gaar is. Roer die room deur en geur weer na smaak. Sit voor op rys.
Lewer 6 porsies