
4 hoenderborsies, sonder vel of been
Sout en varsgemaalde swartpeper
90 ml sojasous ¦ 45 ml suurlemoensap
45 ml olie
1 ui, in dun wiggies gesny
45 ml heuning
1 groen brandrissie, fyngekap
2-3 knoffelhuisies, fyngekap
3 cm vars gemmer, fyngerasper
350 g soetstingelbroccoli (sweet baby broccoli)
15 ml swart sesamsaad
Sny die hoender in hapgrootte stukkies en geur met sout en peper. Sit dit in ’n nie-metaalbak. Meng 45 ml van die sojasous met die suurlemoensap en giet oor die hoender. Meng goed, bedek en laat marineer vir ongeveer 15 minute.
Verhit die olie tot baie warm en roerbraai die ui en hoenderrepies vinnig in die warm olie tot amper gaar. Voeg die heuning en orige 45 ml sojasous by en braai verder tot die sous klewerig is. Voeg die brandrissie, knoffel, gemmer en broccoli by en roerbraai vir 1-2 minute. Verwyder van die hitte en sprinkel die sesamsaad oor. Lewer 4 porsies.