
30 ml olie
Sout en vars gemaalde swartpeper
8 hoenderporsies met vel en been (ek verkies dye en boudjies)
6 piekeluitjies of salotte, geskil en gehalveer
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
45 ml gerasperde, vars gemmer
10 m paprika
10 ml komyn
5 ml brandrissievlokkies
Sap van 1 suurlemoen
1 klein botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
250 ml hoenderaftreksel
1 x 410 g blik gekapte tamaties
1 x 420 g blik keker-ertjies, gedreineer
Handvol ontpitte dadels, grof gekap
Gekapte, vars pietersielie om bo-oor te sprinkel
Verhit die olie in ’n groot swaarboompot. Geur die hoenderporsies met sout en peper en braai bruin in die olie. Skep uit en hou eenkant. Braai die uitjies in dieselfde olie oor matige hitte. Meng die knoffel, gemmer, paprika, komyn, brandrissievlokkies en suurlemoensap saam.
Skep in die pot waarin die uie braai en roerbraai tot geurig. Skep die hoender terug in die pot en voeg die aftreksel en tamaties by. Roer liggies deur en verhit tot kookpunt. Bedek en prut liggies vir ongeveer 30 minute.
Voeg die botterskorsieblokkies en keker-ertjies by, bedek weer en prut vir nóg 30 minute. Haal die deksel af, voeg die dadels by en kook liggies deur vir ongeveer vyf minute. Geur na smaak en sprinkel pietersielie oor. Sit voor op koeskoes.
Lewer ses porsies.