
30 ml olyfolie
6 hoenderdye, met vel en been
Sout
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
5 ml gerasperde vars gemmer
5 ml elk borrie, kerriepoeier, swartpeper, rissiepoeier en komyn
1,2 liter hoenderaftreksel
15 ml tamatiepuree
3-4 groot wortels, geskraap en in ringe gesny
2-3 patats, geskil en in blokkies gesny
10 ml vars tiemieblaartjies, gekap
Gebraaide, gekapte kasjoeneute vir voorsit
Verhit die olie in ’n diep swaarboompan. Geur die hoenderdye met sout en braai dit met die velkant na onder in die olie tot bruin. Draai om en braai die ander kant ook bruin. Skep die hoender uit die pan en hou eenkant.
Braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot sag en gaar. Voeg die gemmer en speserye by en braai vir 1-2 minute.
Voeg die hoenderaftreksel en tamatiepuree by en verhit tot kookpunt. Sit die hoenderstukke terug in die sous en prut vir 35 minute. Voeg die wortelringe, patatblokkies en tiemieblaartjies by en prut vir nog sowat 30 minute, tot die groente sag en gaar is.
Sit die bredie voor op witrys waarby jy ’n paar lepels gebraaide kasjoeneute geroer het.
Lewer 6 porsies