
- 45 ml botter
- 500 g hoenderlewers
- Sout en varsgemaalde swartpeper
- 45 ml balsamiese asyn
- 2 pakke (100 g elk) babaspinasie, gewas en stingels verwyder
- 1 rooi ui, gehalveer en in dun skywe gesny
- 90 ml vars broodkrummels
- ’n Bossie grasuie, gesnipper
Verhit die botter in ’n pan en braai die hoenderlewers mooi bruin. Dit moet nog effens pienk wees aan die binnekant. Geur na smaak en roer die balsamiese asyn deur. Rangskik die spinasieblare in ’n slaaibak en strooi die uieskyfies daaroor.
Skep die lewertjies bo-op. Sit die pan terug op die plaat en braai die broodkrummels oor matige tot hoë hitte tot goudbruin. Sprinkel die krummels en grasuie oor die slaai.
Lewer 4 porsies