AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
Deel

Karamel-sjokoladetert

akkreditasie
Hierdie tert is hemels — veral as jy net so lief is vir sjokolade as vir karamel. Die kombinasie van geure en teksture in hierdie tert is onverbeterlik. Sit klein wiggies hiervan voor met goeie koffie- of vanieljeroomys of ’n skeppie geklopte room.

Sjokoladebroskors

  • 180 ml koekmeel
  • 1 ml sout
  • 80 ml kakao
  • 100 g botter, in klein blokkies gesny
  • 100 ml strooisuiker
  • Paar druppels yswater

Karamel

  • 250 ml witsuiker
  • 45 ml water
  • 15 ml goue- of esdoringstroop
  • 45 ml room
  • 100 g botter
  • 3 ml sout
  • 30 ml whisky of brandewyn

Sjokoladebolaag

  • 100 g donker sjokolade, gekap
  • 100 ml room
  • 5 ml botter
  • Gekrummelde fudge of fyngekapte neutlekkers (pralien), om te versier (opsioneel)

Deeg:

Sif die meel, sout en kakao saam en vryf die botter daarby in. Voeg die strooisuiker by en meng goed. Voeg ’n paar druppels yswater by en maak aan tot ’n deeg. Bedek met kleefplastiek en verkoel vir 20-30 minute.

Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer ’n tertbord van 24 cm daarmee uit. Prik die tertkors met ’n vurk en verkoel vir ’n verdere 20 minute, terwyl die oond voorverhit word tot 180 °C.

Bak die tertkors vir ongeveer 20-25 minute tot heeltemal gaar. Verwyder uit die oond en laat afkoel.

Karamel:

Verhit die suiker stadig in die water oor lae hitte, terwyl stadig geroer word, tot die suiker heeltemal opgelos is. Verhit tot kookpunt en laat kook tot ’n diep karamelkleur.

Verwyder dadelik van die hitte en voeg die stroop, room, botter, sout en whisky of brandewyn by. Klits goed tot ’n gladde sous. Sit die kastrol terug op die hitte en laat kook vir nog ’n paar minute. Giet die karamel in die gaar tertkors en laat staan vir minstens 1 uur voor dit in die yskas gesit word, tot die karamel gestol is.

Sjokoladebolaag:

Verhit die sjokolade en room stadig oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot glad en gesmelt (of verhit dit teen 30% krag in die mikrogolf en klits liggies tot glad). Roer die botter by die warm sjokoladesous. Laat effens afkoel en giet die sjokolade egalig oor die karamellaag. Laat staan tot gestol.

Bedek en verkoel tot benodig, maar haal die tert minstens 40 minute voor dit bedien moet word uit die yskas sodat die karamel sag kan word. Versier met gekrummelde fudge of fyngekapte neutlekkers, indien verkies. Sit dun skyfies van die tert voor saam met goeie koffie.

Lewer 16 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.81
-0.0%
Rand - Pond
22.07
+0.0%
Rand - Euro
19.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.95
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Platinum
987.04
+1.9%
Palladium
1,493.19
+1.1%
Goud
1,983.01
+0.1%
Silwer
23.88
-0.1%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die is nie vir bang dames nie, Is jy dapper of mal genoeg ?
Ek loop nie graag heeldag my eie beeld en polish nie, ek verkies dat mense my leer ken en dan self besluit hoekom hulle van my hou of nie hou nie. Nie een van ons is perfek nie,...
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot