
- 3 Kasslertjops, in blokkies gesny
- 1 pak (500 g) macaroni
- Water, sout en olie
Sous
- 100 ml elk botter en koekmeel
- 1,25 liter warm melk
- 375 ml gerasperde kaas
- Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- 5 ml Dijon-mosterd
Braai die Kasslertjop-blokkies in ’n bietjie olie in ’n kastrol tot net-net gaar. Skep uit en hou eenkant. Vul dieselfde kastrol waarin die vleis gebraai is met water en voeg sout by. Verhit tot kookpunt en voeg die macaroni by. Kook die pasta tot gaar, maar steeds ferm.
Maak die kaassous terwyl die pasta kook:
Smelt die botter in ’n kastrol en voeg die koekmeel by. Braai tot die mengsel borrel en voeg die melk koppie vir koppie by, terwyl jy dit aanhoudend roer. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 2-3 minute. Verwyder van die hitte en roer 250 ml van die kaas, sout en peper na smaak en die Dijon-mosterd by.
Dreineer die macaroni en voeg dit by die kaassous saam met die gebraaide Kasslertjop-blokkies. Meng deur en skep in ’n oondbak (of in individuele bakkies, soos op die foto). Sprinkel die orige kaas oor en maal weer swartpeper oor.
Druk die oondbak(ke) vinnig onder ’n rooiwarm roosterelement om die kaas te laat smelt en die pasta bo-op ’n mooi kleur te gee. Sit warm voor.
Lewer 6-8 porsies
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.