
- 10 ml olie
- 10 ml botter
- 2 uie, fyn gekap
- 15 ml matige kerriepoeier
- 1 liter hoenderaftreksel
- 3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
- 125 ml room, plus ekstra om af te rond
- 125 ml melk
- Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Verhit die olie en botter in ’n groot kastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die kerriepoeier by en braai vir 1 minuut. Voeg die hoenderaftreksel en aartappels by en verhit tot kookpunt.
Prut vir sowat 30 minute of tot die aartappels sag is. Verpulp die sop (’n staafmenger werk goed) en roer die room en melk by. Verhit die sop tot kookpunt en geur na smaak met sout en peper. Skep op en rond af met ’n ekstra draaisel room in elke bakkie.
Lewer 4 porsies.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.