Week die boontjies oornag in water. Gooi die water af en kook die bone in skoon water tot sag. Dreineer en hou eenkant. Braai die uie in die olie tot goudkleurig.
Sit die vleis by en braai bruin. Voeg genoeg water by om die vleis te bedek en verhit tot kookpunt. Prut vir ’n paar uur tot die vleis lekker sag is. Voeg die saggekookte boontjies by die vleis en geur nou vir die eerste keer met sout.
Voeg die kerriepoeier en knoffel by en laat stadig verder stowe. Voeg die suiker (en tamarynsap, indien gebruik) by na smaak en laat die bredie deurkook. Sit voor op rys met tamatie-en-uieslaai daarby.