
- 60 ml olyfolie 1 ui, gekap
- 500 g beesmaalvleis
- 10 ml matige kerriepoeier
- Sout en swartpeper na smaak
- 60 ml blatjang
- 45 ml suurlemoensap
- 60 ml gekapte, vars pietersielie
- 5 ekstragroot eiers
- 45 ml melk
- 8 velle fillodeeg
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Verhit 30 ml van die olie in ’n pan en braai die ui daarin tot sag.
Voeg die maalvleis en kerriepoeier by en braai tot die vleis gaar is. Geur na smaak met sout en peper.
Voeg die blatjang, suurlemoensap en pietersielie by en kook vir nog ’n paar minute. Laat effens afkoel.
Klits die eiers en melk in ’n ander bak saam en roer by die vleismengsel.
Gebruik die orige olyfolie om elke vel fillodeeg liggies te smeer.
Voer ’n tertbord van 30 cm x 30 cm met een vel fillodeeg uit, sit ’n ander skuins bo-op en herhaal met die res.
Skep die vleismengsel in en vou die kante van die deeg oor die vleis.
Bak vir 20-25 minute tot die fillodeeg goudbruin en bros en die vleismengsel ferm is. Sit voor met slaaie.
Lewer 6-8 porsies.