
- 4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
- 60 ml gekapte, vars oreganum
- 60 ml gekapte, vars roosmaryn
- 60 ml olie
- Sout en varsgemaalde swartpeper
- 16-20 hoendervlerkies
Meng die knoffel, oreganum, roosmaryn en olie en geur na smaak. Plaas die mengsel in ’n plastiekhouer wat dig kan seël. Sit die vlerkies daarin en kantel die bak ’n paar keer sodat ál die vlerkies met marinade bedek is.
Sit dit vir minstens ’n uur, maar verkieslik oornag in die yskas. Haal die vlerkies uit die marinade en braai oor matige kole tot alkant mooi goudbruin en deurgaar. Lewer 4 porsies