
500 ml botter
250 ml gouestroop
500 ml suiker
1 eier, geklop
10 ml vanieljegeursel
15 ml koeksoda
25 ml sterk koffie
1 kg koekmeelblom
5 ml sout
Gekookte kondensmelk, om koekies op mekaar te plak
Voorverhit die oond tot 220 °C en smeer ’n paar bakplate liggies met olie. Smelt die botter en voeg die stroop en suiker by. Roer totdat die suiker gesmelt is en laat afkoel. Voeg die geklopte eier en geursel by. Meng die koeksoda en koffie en voeg dit by die bottermengsel.
Sif die koekmeelblom en sout saam en roer dit in die mengsel om ’n stywe deeg te vorm. Vorm die koekies met ’n vleismeulkoekiemaker (of rol die deeg uit en sny dit in ewe groot repies), pak op die bakplate en bak die koekies vir ongeveer 12-15 minute tot goudbruin.
Lig die koekies versigtig van die bakplate af en laat op draadrakke afkoel tot kamertemperatuur. Plak die koekies met ’n bietjie outydse gekookte kondensmelk opmekaar. Bêre in lugdigte houers. Lewer ongeveer 5 dosyn dubbele koekies.