
- 8-10 porsies hoender
- 125 ml koekmeel
- Sout en varsgemaalde swartpeper
- 10 ml botter
- 10 ml olie
- 5 ml fyngerasperde lemoenskil
- 180 ml vars lemoensap
- 125 ml blatjang
- 125 ml mayonnaise
- 1 groot ui, in dun wiggies gesny
- 1 kleinerige lemoen, in baie dun skyfies gesny
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verwyder enige oortollige stukkies vet en vel van die hoender.
Meng die meel met genoeg sout en peper en bestuif die hoenderporsies daarmee. Skud oortollige meel af.
Verhit die botter en olie saam in ’n swaarboompan en braai die hoenderporsies daarin tot bruin. Skep die hoender uit in ’n oondbak.
Voeg die lemoenskil, lemoensap en blatjang by die pansouse en verhit tot kookpunt terwyl jy die pan se boom met ’n houtlepel skraap.
Verwyder van die hitte en roer die mayonnaise by. Hou eenkant.
Druk die uiwiggies en lemoenskyfies tussen die hoenderstukke in en giet die sous oor. Geur alles weer met sout en peper en bedek die bak met foelie.
Bak die hoender vir 45 minute. Haal die foelie af en bak verder tot die hoender goudbruin en die sous afgekook en verdik is.
Sit voor met rys en groente.
Lewer 4-5 porsies.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.