
30 ml sagte botter
180 ml suiker
2 ekstragroot eiers
Fyngerasperde skil van 1 lemoen
60 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
60 ml liggeroosterde klapper
125 ml karringmelk
250 ml melk
250 ml lemoensap
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Verroom die botter en suiker goed saam en klits die eiers en lemoenskil by. Voeg die meel, bakpoeier en klapper by en roer deur.
Voeg die karringmelk, melk en lemoensap by en meng goed. Giet die beslag (dit moet baie loperig wees) in die oondbak en bak vir 35- 40 minute tot goudbruin. Haal uit die oond en laat staan vir 20 minute voor jy dit voorsit met roomys of vla.
Lewer 6-8 porsies.