
250 g sagte botter
310 ml ligbruinsuiker
5 ml vanieljegeursel
Knippie sout
45 ml sjerrie
6 eiers
750 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
100 g gemaalde amandels
250 g rooi glanskersies
750 ml vrugtekoekmengsel
1 x 250 g okkerneute, gekap
60 ml sjerrie, om oor te sprinkel
Voorverhit die oond tot 150 °C en voer die boom en kante van ’n hoë, ronde koekpan van 24 cm met ’n paar lae gesmeerde bakpapier uit. Verroom die botter en ligbruinsuiker, voeg die vanieljegeursel, sout en sjerrie by en klits goed. Voeg die eiers by en klits goed. Sif die meel en bakpoeier bo-oor en roer deur. Voeg die gemaalde amandels, kersies, vrugtekoekmengsel en
okkerneute by en meng goed. Skep in die voorbereide pan en bak vir ongeveer 3½-4 uur tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat in die pan afkoel en klam aan met sjerrie. Sodra die koek heeltemal afgekoel is, draai in foelie toe en bêre in ’n lugdigte houer. Klam gereeld aan. Lewer 1 groot koek.