AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Melktertroomys

akkreditasie
Foto: Myburgh du Plessis
Foto: Myburgh du Plessis
Die troostende geure van melk en kaneel is sinoniem met Suid-Afrika se nasionale tert, maar ook met ander boerekosgeregte, soos dié heerlike roomys.

500 ml room
500 ml volroommelk
1 vanieljepeul, gehalveer en saadjies uitgeskraap
1 kaneelstok
5 ml fyn kaneel
250 ml strooisuiker
4 ekstragroot eiergele
Fyn kaneel, om oor te sprinkel

Verhit die room, melk, vanielje (saadjies en peul), kaneelstok, fyn kaneel en suiker stadig oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die suiker opgelos is. Verhit tot net onder kookpunt en verwyder van die hitte. Klits die eiergele in ’n groot glasbak en voeg die roommengsel stadig, in ’n dun straaltjie, by.

Giet die mengsel terug in die kastrol waarin die room en melk verhit is en sit dit terug op die stoofplaat. Verhit weer oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die vla begin verdik. Dit is reg as die vla so dik soos skinkroom is en die agterkant van ’n metaallepel met ’n dun lagie bedek. Moenie die vla kookpunt laat bereik nie.

Dit sal skif. Laat die vla afkoel tot kamertemperatuur en verkoel dan tot koud. Haal die vanieljepeul en kaneelstok uit. Giet die vla in ’n roomysmaker of in ’n geskikte bak. Karring dit in ’n roomysmaker tot dit lyk soos sagte draairoomys. Skep dit dan uit in ’n geskikte bak, sprinkel kaneel oor, bedek en vries tot benodig.

As jy nie ’n roomysmaker het nie, bedek die bak waarin die yskoue vla is en vries dit tot die mengsel sag gevries is. Haal uit die vrieskas en skep die roomys in ’n groot bak. Klits dit goed met ’n elektriese klitser om die yskristalle op te breek. Skep die roomys terug in die bak, bedek en vries weer.

Herhaal die proses nog een keer voor jy die roomys finaal in die bak skep, met kaneel besprinkel en vries tot benodig. Lewer 1,2 liter roomys.

Boerekos se nuutste uitgawe is steeds beskikbaar. Indien jy nie 'n uitgawe in die hande kan kry nie, stuur epos aan johan.terblanche@Media24.com.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.72
+0.4%
Rand - Pond
21.93
+0.7%
Rand - Euro
19.29
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.88
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Platinum
985.98
+0.5%
Palladium
1,476.83
-0.1%
Goud
1,978.83
-0.1%
Silwer
24.00
+0.4%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,508
-0.8%
Alle aandele
76,122
-0.8%
Hulpbronne 10
66,226
-1.9%
Industriële 25
103,017
-0.2%
Finansiële 15
15,485
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy Sien is wat jy kry, niks Meer nie maar ook niks minder ni
Want Ek word nie maklik vergeet Nie, n goeie herhindering, Kom Kyk en vind uit .Ek is Nie die tiepe wat oordeel en Dan nog demands rond slinger Nie,
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot