As jy vars mossels wil gebruik, sit dit in die pan saam met die gebraaide ui en knoffel, giet die bier oor, voeg die botter by, bedek en laat stoom tot die mossels oopgaan. Voeg dan die room en geurmiddels by.
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot pan en braai die ui en knoffel stadig daarin tot sag en soet. Voeg die bier en botter by en verhit tot kookpunt. Laat prut vir ’n minuut of twee en voeg die room by. Roer deur, voeg die mossels by en verhit weer tot kookpunt.
Prut vir ongeveer 4 minute, geur met sout en peper en sprinkel pietersielie oor. Sit voor met aartappelskyfies of vars, korserige brood.