Ek het die tradisionele dik, geel mosterdsous ’n bietjie aangepas. Hou die slaai in die yskas en sit dit voor saam met enige vleisgereg.
- 6-8 groot uie, geskil en in dik ringe gesny
Sous
- 250 ml wit druiweasyn
- 180 ml suiker
- 4 eiers
- 15 ml mosterdpoeier
- 5 ml sout
- 25 ml mielieblom
- 15-25 ml heelkorrel- of dijonmosterd (of ’n mengsel van die twee)
Verhit ’n kastrol met ligte soutwater tot kookpunt en voeg die uieringe by. Kook tot die uie net sag is.
Dreineer dadelik, maar behou die water waarin die uie gekook is.
Giet 375 ml van die water terug in die kastrol en voeg die druiweasyn en suiker by. Roer tot die suiker opgelos is.
Klits die eiers en voeg die mosterdpoeier, sout, mielieblom en heelkorrelmosterd by.
Klits tot glad en voeg dit by die asynmengsel.
Verhit stadig oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die mengsel kookpunt bereik.
Prut vir 2-3 minute en voeg dan die gaar uie by.
Prut liggies vir nog 3-5 minute en verwyder van die hitte.
Sit die slaai louwarm of teen kamertemperatuur voor.
Lewer 10 porsies.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.