
Poffertjies
- 750 ml pampoenpuree
- 2 ekstragroot eiers
- 100 ml suiker
- 5 ml sout
- 500 ml bruismeel
- 15 ml bakpoeier
- Olie, vir braai
Kaneel-karamelsous
- 325 ml ligbruinsuiker
- 250 ml melk
- 125 ml water
- 5 ml fyn kaneel
- 30 g botter
- Knippie sout
- 10 ml mielieblom
- 15 ml koue water
Meng al die bestanddele vir die pampoenpoffertjies goed saam tot dit ’n ligte beslag sonder klonte vorm.
Braai teelepels vol van die mengsel in warm olie tot goudbruin en deurgebak. Dreineer die poffertjies op kombuispapier en hou warm.
Vir die sous: Verhit die suiker, melk en water stadig oor lae hitte tot al die suiker opgelos is.
Verhit verder tot kookpunt en kook vinnig vir 10 minute. Verwyder van die hitte en roer die kaneel, botter en sout by.
Maak die mielieblom met die koue water aan tot ’n gladde mengsel vorm en voeg dit by die sous.
Sit die kastrol terug op die stoofplaat en verhit weer tot kookpunt. Prut, terwyl jy roer, tot die sous effens verdik is.
Giet die kokende stroop oor die warm poffertjies en sit voor.
Lewer 12 porsies.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.