
Beslag
- 4 x 250 ml rou pampoen, in blokkies gesny
- 1 kaneelstok
- 90 ml suiker
- 250 ml koekmeel
- 20 ml bakpoeier
- 60 ml botter, gesmelt
- 5 ml sout
- Knippie neutmuskaat
- Knippie fyn kruienaeltjies
- 2 eiers
- 250 ml room
Pekankrummel
- 125 ml ligte bruinsuiker
- 125 ml koekmeel
- 60 g yskoue botter, gerasper
- 100 ml pekanneute, gekap
- Knippie kaneel
Voorverhit die oond tot 180 °C. Kook die pampoen met die kaneelstok tot dit sag is en drooggekook het. Druk die pampoen fyn. Roer die suiker, meel, bakpoeier en botter by. Strooi die sout, neutmuskaat en kruienaeltjies oor. Klits die eiers en room saam en roer dit by die pampoen. Meng alles goed saam en giet die beslag in ’n gesmeerde oondbak.
Pekankrummel:
Meng die bruinsuiker en koekmeel en voeg die gerasperde botter by. Vryf die botter in tot die mengsel krummelrig is. Voeg die pekanneute en kaneel by en sprinkel ’n eweredige lagie van die pekankrummel- mengsel oor die pampoen. Bak vir 30 minute tot ferm en goudbruin bo-op.
Lewer 6-8 porsies