
1 heel skaapnek
Fyn koljander, sout en swartpeper na smaak
Olyfolie
1 groot ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
30 ml tamatiepasta
2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
500 ml goeie vleisaftreksel
125 ml rooiwyn
125 ml water
5 ml tiemieblaartjies, fyngekap
2 vars lourierblare
Suiker na smaak
30 ml fyngekapte vars pietersielie
400 g gaar lintnoedels, om voor te sit
Voorverhit die oond tot 160 °C. Geur die skaapnek met koljander, sout en peper na smaak. Sit die vleis op ’n groot stuk foelie en bedruip met olyfolie.
Draai die skaapnek goed toe in die foelie en sit dit op ’n bakplaat. Bak 2-3 uur lank tot die vleis baie sag is en van die bene afval. Laat effens afkoel en trek die vleis met ’n vurk van die bene af. Vlok die vleis grofweg en hou eenkant.
Verhit ’n skeut olyfolie in ’n groot pan. Braai die ui en knoffel daarin tot die ui sag begin word. Voeg die tamatiepasta by en braai vir ’n paar sekondes om die suiker in die tamatiepasta te karamelliseer.
Voeg die blikke tamaties, aftreksel, rooiwyn, water, tiemie en lourierblare by en verhit tot kookpunt. Prut die tamatiesous stadig minstens 20-25 minute lank tot die sous effens afgekook en geurig is. Proe vir geur en voeg ’n knippie suiker en dalk sout en peper by om die sous se geur goed te balanseer.
Voeg die gevlokte skaapnekvleis by en prut verder tot die sous dik en geurig is. Sit die ragout op gaar noedels voor en rond af met gekapte vars pietersielie.
Lewer 4-6 porsies