
500 g pasta van jou keuse
30 ml olyfolie
30 ml botter
100 g preie
1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper
1 middelslag-varkfilet, in repies gesny
60 ml balsemiekstroop (balsamic reduction)
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 g bevrore ertjies, vinnig opgekook in kookwater en gedreineer
30 g roketblare
Kook die pasta in ’n kastrol met vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, verhit die olyfolie en botter in ’n kastrol of diep pan en braai die preie vir ’n paar minute. Roer die spek by en braai tot gaar. Hou die preie en spek in die kastrol en roer die varkfiletrepies by.
Braai tot net gaar en geur met sout en peper. Roer die balsemiekstroop by en klam aan met ekstra olyfolie indien nodig. Roer die ertjies by. Dreineer die pasta en skep in ’n opdienbak. Meng die vleismengsel liggies deur die pasta en rond af met roketblare.
Lewer 6 porsies.