
Puttanesca-sous
- 60 ml olyfolie
- 5 knoffelhuisies, dungesny
- 4 ansjovisfilette, baie fyn gekap
- 1 rooi brandrissie, gehalveer, pitte uitgeskraap en fyngekap
- 1 blik (410 g) gekapte tamaties
- Tamatieblik vol water
- 125 ml ontpitte swartolywe, gehalveer
- 30 ml kappertjiesaad, grofgekap
- Sout, peper en suiker na smaak
- 1 pak (500 g) pasta van jou keuse
- Sout en olyfolie 250 ml fyngerasperde parmesaankaas
- Gekapte, vars pietersielie, om af te rond
Puttanesca-sous:
Verhit die olyfolie oor matige hitte in ’n swaarboompan en braai die knoffel, ansjovis en brandrissie stadig daarin tot geurig (die knoffel moenie verkleur of bruin braai nie, hou die hitte dus matig).
Voeg die tamaties by en roer tot kookpunt bereik is.
Voeg nou die water, olywe en kappertjiesaad by.
Verhit tot kookpunt en laat prut liggies oor lae hitte vir ongeveer 10 minute of tot die sous geurig en effens afgekook is.
Terwyl die pastasous prut, kook die pasta in ’n groot kastrol vinnig kokende soutwater met ’n bietjie olyfolie daarin tot gaar, maar steeds ferm.
Geur die pastasous met sout, peper en ’n knippie suiker om die suur te balanseer.
Skep oor die warm pasta en meng liggies deur.
Strooi die parmesaankaas oor en rond af met vars pietersielie.
Lewer 6 porsies