
1 x 250 g pak spekvleis, gesnipper (as jy sukkel, knip dit met ’n kombuisskêr in stukkies)
4 patats, geskil en in klein blokkies gesny
1 middelslag-botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
1,5 liter kookwater of hoenderaftreksel (of groente-aftreksel)
125 ml room
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai die spek in ’n groot kastrol tot gaar. Voeg die patat- en botterskorsieblokkies by. Hoe kleiner die blokkies, hoe vinniger kook die sop gaar. Braai vir 2 minute.
Voeg die water of aftreksel by. Verhit tot kookpunt en kook tot die patat en botterskorsie gaar is. Verpulp tot glad, roer die room deur en geur met sout en swartpeper. Lewer 4-6 porsies.