
4 middelslag-patats
1 rol (400 g) blaardeeg
5 ml fyn kaneel
250 ml room
250 ml bruinsuiker
5 ml karamelgeursel
Skil die patats en sny in stukke. Kook in soutwater tot sag en gaar. Dreineer en druk fyn. Laat goed afkoel. Rol die deeg uit en smeer die fyngedrukte patat in ’n egalige laag oor die deeg.
Strooi die kaneel oor en rol die deeg weer op. Verkoel vir 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 C. Sny die patat- en-deegrol in wiele en pak in ’n gesmeerde oondbak.
Bak vir 10 minute tot uitgerys. Verhit intussen die room en suiker stadig tot kookpunt, terwyl geroer word. Voeg die karamelgeursel by en giet die sous oor die patatwiele. Sit dit terug in die oond en bak vir nog 10-15 minute tot goudbruin en taai.
Lewer 6 porsies.